• 0

PERSOONLIKE ASSISTENT VIR LANDBOU MAATSKAPPY SE BESTURENDE DIREKTEUR

SLEGS CVS MET LANDBOU EN PERSOONLIKE ASSISTENT ERVARING SAL OORWEEG WORD.
• ENIGE ANDER INDUSTRIEË SAL GLAD NIE OORWEEG WORD NIE.
• SLEGS CVS MET VERWYSINGS M.B.T. SKAKELING MET BOERE SAL OORWEEG WORD.
• INDIEN JY NIE HIERAAN VOLDOEN NIE, WORD DIE CV GLAD NIE OORWEEG NIE.

Aanstelling: Permanente, voltyds
Area: Pretoria-Oos, Gauteng
Salaris: R 25,000 – R 30,000 per maand

• ‘n Nasionale landbou maatskappy is opsoek na ‘n PA vir die Besturende Direkteur.
Slegs CVs met ondervinding van ‘n minimum 5+ jaar Persoonlike Assistant (onlangse ervaring), met ‘n stabiele werkrekord en goeie verwysings sal oorweeg word. Enige ander admin / kantoor rolle sal nie oorweeg vir hierdie pos nie.
• Hierdie dame moet verkieslik tussen 32 en 45 jarige ouderdom wees en moet die Afrikaner waardes en kultuur koester.
• Moet 100% Afrikaans lees, praat en skryf. Kommunikasie, sinskonstruksie, spelling en opstel van dokumentasie in Afrikaans is van uiterse belang. Vaardigheid sal getoets word voor enige onderhoude.
• Moet daagliks met sterk persoonlikhede werk, nie fyngevoelig wees nie.
• Uitstekende kommunikasievaardighede asook goeie menseverhoudings.
• Sal die skakelbeampte wees met Suid-Afrikaase boeregemeenskap en mede-personeel.
• Reël van verskeie vergaderings en funksies met eg Suid-Afrikaanse boerekos en vermaak.
• Bestuur van die Uitvoerende Direksie se dagboek.
• Hantering van reis- en verblyfreëlings.
• Skakel met hoë profiel sakelui.
• Verskeie ander take wat deur die Raad van Uitvoerende Direksie van tyd tot tyd toegedeel word.
• Lewer bystand aan bemarking kommunikasie wanneer nodig.
• Bestuur van ontvangs- en skoonmaak personeel.
• Kantoor bestuur; en monitering van bestellings vir skryfbehoeftes en kombuis benodighede.
• Die vermoë om vertroulikheid te handhaaf.
• Rekenaar vaardig: MS Office.
• Reël van spanbou aktiwiteite en sosiale funksies van personeel.
• Graad 12 kwalifikasie noodsaaklik.

Stuur die volgende slegs as u aan AL die bogenoemde vereistes voldoen
CV, kwalifikasie en mees onlangse salarisstrokies na
E-pos: cvdata@mweb.co.za
Onderwerp: “PERSOONLIKE ASSISTANT

Return to job search page