Sluitings datum: 31 Mei 2022
Aanstelling: Permanent, Voltydse posisie.
Ligging: Waterkloofhoogte, Pretoria-Oos, Gauteng.
Salaris: R 550,000-00 per jaar (CTC)
Noodsaaklike kwalifikasie: BCom Rekeningkunde en voltooide SAICA Klerkskap en minstens 3 jaar ervaring na klerkskap
Werk vanaf huis en woon een vergadering per week by
Rekenaar pakkette: Pastel Accounting | Pastel Evolution |MS Excel | Caseware
‘n Gevestigde rekeningkundige en sekretariële dienste maatskappy gebaseer in Pretoria-Oos benodig die dienste van ‘n Finansiële Bestuurder om by hul span aan te sluit.
• Voltooide Finansiële B Comm-graad.
• Voltooide SAICA Klerkskap en ten minste drie jaar ondervinding na klerkskap.
• Uitstekende IFRS kennis, volledige implementering en instandhouding van IFRS.
• Goeie belasting kennis.
• Vaardig in Caseware Working Papers, e-filing, Pastel Partner en e@syfile.
• Goed vertroud met die Belastingwet, Btw-wet en Maatskappywet en IFRS.
• Vlot in Afrikaans.
• Gevorderde Excel-vaardighede.
• Goeie beplanning en organisasie vaardighede.
• Moet onder druk kan werk en spertye kan nakom.
• Daaglikse toesig oor die kliënt, verskaffer en rekeningkundige funksies.
• Voorbereiding van betalings op bankstelsels en die monitering daarvan.
• Toesig oor die maatskappy se Rekenaarstelsels.
• Stel gedetailleerde finansiële bestuursrekeninge op – maandeliks, kwartaalliks en jaarliks.
• Stel doelwitte op en hou toesig oor rekeningkundige en finansiële personeel.
• Voorbereiding en hersiening van voorlopige belastingopgawes.
• Voorbereiding en hersiening van kapitaalwinsbelasting berekeninge.
• Monitor indiening van inkomstebelasting en BTW-opgawes.
• Moniteer, berei voor en hou toesig oor SAID-oudits en -oorsigte.
• Verseker voldoening aan finansiële wette en riglyne soos die Maatskappywet, CIPC, BTW-wet, Inkomstebelastingwet, IFRS.
• Help die Ouditbestuurder tydens die jaarlikse oudit.
Indien jy aan al die bogenoemde vereistes voldoen, stuur aansoek asook afskrif van die mees onlangse punte uitslae na
Epos: cvdata@mweb.co.za
Onderwerp: “Finansiële Bestuurder”
Indien jy geen terugvoer binne 14 dae ontvang nie, aanvaar die aansoek as onsuksesvol.
OOSTELIKE PERSONEEL KONSULTANTE (SEDERT 1990)
Kontaknommer: 0123483218
Epos: cvdata@mweb.co.za
Facebook Blad: https://www.facebook.com/easternpersonnelconsultants
LinkedIn: https://www.linkedin.com/company/easternpersonnelBELANGRIKE KENNISGEWING: Deur aansoek te doen vir hierdie pos en om u CV en ander persoonlike inligting aan Oostelike Personeel Konsultante BK te verskaf, gee u toestemming dat die inligting gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor dit verskaf is, wat werwings doeleindes en moontlike aanstellings doeleindes is (sou u suksesvol wees). Let daarop dat u inligting slegs vir werwings doeleindes of vir sodanige doeleindes wat verband hou met die beoordeling van die totstandkoming van ‘n diensverhouding met uself verwerk sal word, en dit sal gedoen word in ooreenstemming met die toepaslike wetgewing oor databeskerming en privaatheid. Ons bevestig dat sulke inligting nie vir enige ander doel gebruik sal word sonder dat u vooraf toestemming daarvoor verleen het nie. As u aansoek nie suksesvol was nie, behou ons u CV en ander inligting vir ‘n tydperk van 3 maande. As u beswaar maak daarteen dat u inligting in ooreenstemming met die voormelde klousules gebruik word, moet u asseblief nie aansoek doen nie.