• 0

RIVONIA ONTVANGSDAME – Dringende pos (dadelik beskikbaar)

Sluitings datum: 31 Mei 2022
Aanstelling: Permanent, Voltydse posisie.
Ligging: Rivonia tak, Johannesburg, Gauteng.
Salaris: R 6,000-00 – R 7,000-00 per maand
Werksure: Maandae – Vrydae 09:00 – 17:30 en Saterdae 09:00 – 13:00.

Benodig die dienste van ‘n netjiese, dame in die ontvangsarea van ‘n frima se Rivonia tak,
Eie betroubare vervoer en moet naby die werk woonagtig wees.
Sterk persoonlikheid wat dinge kan vasvat.
Georganiseerd, betroubaar en pligsgetrou met goeie kommunikasie vaardighede.
Moet vlot in Afrikaans kan lees, praat en skryf.
Moet vinnig kan leer, onafhanklik werk maar moet goed saam met die span inskakel.
Baie netjies voorkoms.
Rekenvaardig in Micosoft Office.
Goeie telefoon etiket en mense verhoudings.

Indien jy aan al die bogenoemde vereistes voldoen, stuur aansoek asook afskif van die mees onlangse punteuitslae na
Epos: cvdata@mweb.co.za
Onderwerp: “Rivonia Ontvangsdame”

Indien jy geen terugvoer binne 14 dae ontvang nie, aanvaar die aansoek as onsuksesvol.

OOSTELIKE PERSONEEL KONSULTANTE (SEDERT 1990)
Kontaknommer: 0123483218
Epos: cvdata@mweb.co.za
Webtuiste: http://www.easternpersonnel.co.za
Facebookblad: https://www.facebook.com/easternpersonnelconsultants
LinkedIn: https://www.linkedin.com/company/easternpersonnel

BELANGRIKE KENNISGEWING: Deur aansoek te doen vir hierdie pos en om u CV en ander persoonlike inligting aan Oostelike Personeel Konsultante BK te verskaf, gee u toestemming dat die inligting gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor dit verskaf is, wat werwingsdoeleindes en moontlike aanstellingsdoeleindes is (sou u suksesvol wees). Let daarop dat u inligting slegs vir werwingsdoeleindes of vir sodanige doeleindes wat verband hou met die beoordeling van die totstandkoming van ‘n diensverhouding met uself verwerk sal word, en dit sal gedoen word in ooreenstemming met die toepaslike wetgewing oor databeskerming en privaatheid. Ons bevestig dat sulke inligting nie vir enige ander doel gebruik sal word sonder dat u vooraf toestemming daarvoor verleen het nie. As u aansoek nie suksesvol was nie, behou ons u CV en ander inligting vir ‘n tydperk van 3 maande. As u beswaar maak daarteen dat u inligting in ooreenstemming met die voormelde klousules gebruik word, moet u asseblief nie aansoek doen nie.


  • 0

EKSTERNE VERKOOPS VERTEENWOORDIGER

Sluitings datum: 31 Mei 2022

Aanstelling: Permanent, Voltydse posisie

Ligging: Erasmuskloof, Pretoria-Oos, Gauteng

Basiese Salaris: R 25,000 – R 30,000 per maand (opsie van kommissie kan bespreek word na pro basie tydperk)

Byvoordele: Selfoon toelae en Petrol toelae.

  • ‘n Gevestigde firma in Pretoria is opsoek na ‘n selfgedrewe en energieke Eksterne Verkoops Verteenwoordiger, tussen die ouderdom van 30 tot 40 jaar vir die bemarking van langtermyn diensooreenkomstig in die kommersiële eiendom veld.
  • Vorige verkoops agtergrond met verwysings noodsaaklik.
  • ‘n Agtergrond en/of kennis van die Eiendomsontwikkeling veld of Verkeersvloei beplanning of Kommersiële eiendom bedryf (insluiting inkopiesentrums) sal ‘n groot voordeel wees.
  • Baie netjiese persoon wat gesteld is op ‘n professionele voorkoms en met die vermoë om op hoë professionele en sosiale vlakke te kommunikeer.
  • Eie betroubare vervoer noodsaaklik in die Gauteng-area.
  • Moet bereid wees om van tyd tot tyd te vlieg na Durban, Kaapstad, Kimberley en George om nuwe voornemende kliënte te besoek.
  • Opstel en reël van afsprake om nuwe besigheid in te bring. ‘n Lys van ly drade is beskikbaar.
  • Moet onafhanklik kan werk en ‘n self-gedrewe persoon wees met ‘n sterk, sprankelende persoonlikheid.
  • Moet die vermoë besit om selfstandig te werk en eie inisiatief te neem wanneer dit kom by onderhandelinge.
  • Moet die vermoë beskik om teleurstellings professioneel te hanteer, aanvaar en aan te beweeg.
  • Moet oor die vermoë besit om voornemende kommersiële kliënte se argitekte by te staan met die uitleg en beplanning voordat daar met konstruksie begin word.
  • Bestaande kommersiële komplekse en eiendom moet ontleed word en praktiese voorstelle moet gegee word om die produk en diens optimaal te laat funksioneer.
  • Moet die vermoë besit om selfversekerd en selfstandig die produkte en dienste voor te lê aan topbestuur en ontwikkelaars van groot kommersiële eiendomme en komplekse.
  • Moet die vermoë hê om beide ‘n diens en produk suksesvol te bemark en portefeulje te bestuur asook instand te hou om langtermyn verhoudings met kliënte te verseker.
  • Hierdie is nie ‘n kantoor gedrewe pos wat met epos en oproepe uit ‘n kantoor opset suksesvol bestuur kan word nie, maar benodig ‘n “hands on approach”-tipe persoon wat uit is in die veld en kliënte aangesig-tot-aangesig besoek, behoefte bepalings doen en optimale kliëntediens en tevredenheid verseker.
  • Gaan vir die eerste 4 – 6  maande nou saam met die Hoof Uitvoerende Beampte werk vir opleiding in die veld.
  • Tegniese opleiding van produk gaan ook gegee word.

Indien jy aan al die bogenoemde vereistes voldoen, stuur aansoek asook afskrif van die mees onlangse punte uitslae na

Epos: cvdata@mweb.co.za

Onderwerp: “Eksterne Bemarking Verteenwoordiger”

Indien jy geen terugvoer binne 14 dae ontvang nie, aanvaar die aansoek as onsuksesvol.

OOSTELIKE PERSONEEL KONSULTANTE (SEDERT 1990)

Kontaknommer: 0123483218

Epos: cvdata@mweb.co.za

Webtuiste: http://www.easternpersonnel.co.za

Facebook Blad: https://www.facebook.com/easternpersonnelconsultants LinkedIn: https://www.linkedin.com/company/easternpersonnel

BELANGRIKE KENNISGEWING: Deur aansoek te doen vir hierdie pos en om u CV en ander persoonlike inligting aan Oostelike Personeel Konsultante BK te verskaf, gee u toestemming dat die inligting gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor dit verskaf is, wat werwings doeleindes en moontlike aanstellings doeleindes is (sou u suksesvol wees). Let daarop dat u inligting slegs vir werwings doeleindes of vir sodanige doeleindes wat verband hou met die beoordeling van die totstandkoming van ‘n diensverhouding met uself verwerk sal word, en dit sal gedoen word in ooreenstemming met die toepaslike wetgewing oor databeskerming en privaatheid. Ons bevestig dat sulke inligting nie vir enige ander doel gebruik sal word sonder dat u vooraf toestemming daarvoor verleen het nie. As u aansoek nie suksesvol was nie, behou ons u CV en ander inligting vir ‘n tydperk van 3 maande. As u beswaar maak daarteen dat u inligting in ooreenstemming met die voormelde klousules gebruik word, moet u asseblief nie aansoek doen nie